


Awards




Buy

Boykie
9781963511161
Paperback
19.95
$
Pub Date:
Jul 2025
Praise For:
Boykie
Absurd. Hardebaard. Dis Boykie!
Boykie is g’n Charlie Brown nie. Hoërskool kon hy nie slaag nie, hy’s van België, en hy kyk soms diep in die bottel. Dié knaap het miskien goeie bedoelings, maar hy het ’n paar skroewe los, en die moderne wêreld spoed by hom verby. Boykie beland áltyd aan die verkeerde kant van dinge.
Die berugte Belgiese strokiesprentkunstenaar Pieter de Poortere se Boerke is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar. Boykie bied galgehumor en sosiale en politieke satire soos The Far Side en The Simpsons. De Poortere se eenvoudige illustrasies hou oneindig
tragiese gevolge in vir dié boytjie.

Author/Illustrator: Pieter de Poortere is reeds vir meer as twintig jaar die illustreerder-skrywer van die veelbekroonde Boerke-strokiesprente. Hy is gebore en woon in Gent, België. Sy werk is in verskeie tale in tydskrifte, koerante en boeke gepubliseer, en is te sien in die Belgiese Stripsentrum, ’n museum vir strokiesprente in Brussel. Pieter se aweregse karakter het ook sy eie reeks op Vlaamse televisie, op Prime en op die stasie Adult Swim in Frankryk gehad.